Model | Canon EOS 1100D/EOS Rebel T3 |
---|---|
Tipe | Digitale enkellensreflekskamera |
Beeldsensor | CMOS APS-C 22.2 mm × 14.8 mm (1.6x omrekenfaktor) |
Stoormedium | Secure Digital-kaart SDHC SDXC |
Resolusie | 12,2 effektiewe megapieksels, 4,272 × 2,848 |
Lens | Omruilbare EF, EF-S |
Flits | E-TTL II ingeboude outomatiese opwip; versoenbaar met Canon se EX-reeks Speedlite eksterne warmskoen flitse |
Sluiter | Fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/4000 tot 30 s en gloeilamp, 1/200 s X-sync |
Meting | Volle lensopening TTL, 63-sone iFCL SPC |
Beligtingsmodusse | Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Program AE, Sluiterprioriteit Lensopeningprioriteit, Hand, Outo-velddiepte, Kreatiewe outo |
Metermodusse | Evaluerende, gedeeltelik (10% teen senter) en senter-geweegde gemiddeld |
Fokusareas | 9-punt outofokus |
Fokusmodusse | AI Fokus, Enkelskoot, AI Servo |
Deurlopende skiet | 3 raampies/s, vir 830 JPEG, of 2 raampies/s vir 5 rou leêrs |
Beeldsoeker | Oogvlak pentaspieël SLR, 95% dekking, 0.87x vergroting |
Spoedspektrum | ISO 100 tot 6400 |
Witbalans | Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungstenlig, Wit Fluoreseerlig, Flits, Hand, gebruiker-verstelbaar |
Witbalans- groepering |
±3 stoppe in 1-stop inkremente |
LCD-skerm | 2,7 dm (5,94 cm) kleur TFT LCD, 230 000 pieksels |
Battery | Li-ioon LP-E10 batterypak |
Massa | 495 g (slegs kas) |
Datum | Februarie 2011 |
Oorsprong | Taiwan |
Die Canon EOS 1100D is 'n 12.2-megapieksel digitale enkellensreflekskamera deur Canon bekend gestel op 7 Februarie 2011.[1] Dit is bekend as die EOS Kiss X50 in Japan en die EOS Rebel T3 in die Amerikas. Die 1100D is Canon se mees basiese intreevlak-DSLR, en stel rolprentmodus bekend aan ander intreevlak-DSLRs. Dit vervang die 1000D en is ook die enigste Canon EOS-model tans in produksie wat nie in Japan vervaardig word nie, maar in Taiwan, afgesien van die EOS Rebel T4i.