Die Canon EOS 30D is 'n 8.2-megapieksel semi-professionele digitale enkellensreflekskamera, aangekondig op 21 Februarie 2006.[1] Dit is die opvolger van die Canon EOS 20D, en is self opgevolg deur die EOS 40D. Dit kan EF en EF-S lense neem, en soos sy voorganger, maak dit gebruik van 'n APS-C-grootte beeldsensor, sodat dit nie die groter beeldsirkel benodig soos by 35 mm film- en volraam-digitale kameras nie.