Model | Canon EOS 350D/Digital Rebel XT |
---|---|
Tipe | Enkellensrefleks |
Beeldsensor | CMOS APS-C 22.2 × 14.8 mm (1.6× omrekenfaktor) |
Stoormedium | CompactFlash (CF) (Tipe I of Tipe II) |
Resolusie | 3,456 × 2,304 (8 megapieksels) |
Lens | Omruilbare (EF, EF-S) |
Flits | Ingeboude opwip met warmskoen (E-TTL II) |
Sluiter | fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/4000 tot 30 s en gloeilamp, 1/200 s X-sync |
Meting | Volle lensopening TTL, 35-sone |
Beligtingsmodusse | Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Program, Sluiterprioriteit Lensopeningprioriteit, Hand, Outovelddiepte |
Metermodusse | Evaluerende 35-sone, gedeeltelik 9% teen senter, middelgeweegde gemiddeld |
Fokusareas | Multi-BASIS TTL, 7 fokuspunte |
Fokusmodusse | Outo en hand |
Deurlopende skiet | 3 raampies/sek, 14 JPEG of 4 RAW raampies |
Beeldsoeker | Optiese pentaspieël 95% dekking, 0.8x vergroting |
Spoedspektrum | ISO 100, 200, 400, 800, 1600 |
Witbalans | 6 posisies & handvoorkies |
LCD-skerm | 1.8", 115 000 pieksels |
Battery | NB-2LH litiumioonbattery 720mAh |
Massa | 540 g (met battery en kaart, sonder batterygreep) |
Oorsprong | Japan |
Prys | Slegs bakwerk: €899 / $899 Stel: €1,099 / $999 (met 'n 18–55 mm lens) |
Die Canon EOS 350D (ook bekend as die Canon EOS Digital Rebel XT in Noord-Amerika en die Canon EOS Kiss Digital N in Japan) is 'n 8.0-megapieksel intreevlak digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon vervaardig is. Die model is aanvanklik in Februarie 2005 aangekondig. As deel van die EOS-reeks, was dit die opvolger van die EOS 300D, en die voorganger van die EOS 400D (of Digital Rebel XTi), wat in Augustus 2006 vrygestel is.