![]() | |
Model | Canon EOS 60D |
---|---|
Tipe | Digitale enkellensreflekskamera |
Sensorsoort | CMOS |
Sensorgrootte | 22.3 × 14.9 mm (APS-C-formaat) |
Stoormedium | SD/SDHC/SDXC |
Beeldverwerker | DIGIC 4 |
Resolusie | 5184 × 3456 pieksels[1] (18.1 effektiewe megapieksels) |
Lens | Omruilbare (EF en EF-S) |
Flits | Canon E-TTL II ingeboude opwip / ekstern |
Sluiter | Elektroniese fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/8000 s – 30 s en gloeilamp; X-sync teen 1/250 s. |
Meting | TTL vollensopening, 63 sone iFCL SPC |
Beligtingsmodusse | Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Kreatiewe outo, Program AE, Sluiterprioriteit, Lensopeningprioriteit, Hand, Gloeilamp-geaktiveer, Rolprent |
Metermodusse | Evaluerende 35-sone, gedeeltelik, senter-geweegde gemiddeld |
Fokusareas | 9 oorkruis-AF-fokuspunte |
Fokusmodusse | Enkelskoot, AI-fokus, AI Servo, Lewendige sig (FlexiZone - Multi, FlexiZone - Single, Face detection, AF Quick) |
Deurlopende skiet | Tot 5.3 rame per sek |
Beeldsoeker | Ooghoogte pentaprisma met 96% dekking en 0.95x vergroting / LCD (lewendige voorskou) |
Spoedspektrum | 100 – 6400 |
Flitsgroepering | Nie beskikbaar |
Witbalans | Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungsten, Wit Fluoresseer, Flits, Selfkies, °Kelvin |
LCD-skerm | 3.0" (7.7 cm) Clear View II kleur-LCD-skerm met 1 040 000 kolletjies resolusie |
Battery | Li-Ion LP-E6 herlaai (1800 mAh) |
Opsionele batterypakke | BG-E9 batterygreep hou 6 AA-selle, een LP-E6 battery of twee LP-E6 batterye |
Afmetings | 144.5 x 105.8 x 78.6 mm |
Massa | 755 g |
Oorsprong | Japan |
Prys | VS$ 1099.00 |
Die Canon EOS 60D is 'n 18,1 megapieksel semi-professionele digitale enkellensreflekskamera wat deur Canon vervaardig is. Dit is op 26 Augustus 2010 vrygestel teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van V$1099.00.[2] As 'n deel van die Canon EOS-tweesyferlyn, is dit die opvolger van die EOS 50D en die voorganger van die EOS 70D.
Dit is die eerste Canon EOS kamera wat 'n geartikuleerde LCD-skerm het. Afgesien van die skerm, is die belangrikste nuwe funksies van die 60D in die tweesyfer-Canonlyn verhoogde resolusie en ISO-reeks, vol-HD videovermoë, en in-kamera naverwerkingsfunksies vir die beelde. Dit maak egter gebruik van die DIGIC 4-beeldverwerker.
Net soos die 50D, het die kamera 'n vloeikristalvertoon vir die instellings bo-op die kamera, waarmee die ISO-spoed, AF-modus, skietmodus en metingmodus beheer kan word.
Die 60D word te koop aangebied as 'n kas alleen, of in 'n pakket met 'n EF-S 18-200mm f/3.5-5.6 IS lens, EF-S 17–85mm f/4-5.6 IS USM lens, EF-S 18–135mm f/3.5-5.6 IS lens, EF-S 17-55mm f/2.8 IS USM lens, of 'n EF-S 18-55mm f/3.5-5.6 IS STM lens.