Canon EOS

Canon EOS (Elektro-Optiese Stelsel) is 'n outofokus enkellensrefleks (SLR)-kamerareeks wat deur Canon Inc. vervaardig word. Sedert die Canon EOS 650, se vrystelling in 1987, gebruik alle EOS-kameras 135-film tot en met Oktober 1996 toe die EOS IX vrygestel is met die van-korte-duur APS-film. In die jaar 2000 is die D30 aangekondig as die eerste digitale SLR ontwerp en ten volle deur Canon geproduseer in Japan. Sedert 2005 gebruik al die nuwe EOS-kameras digitale beeldsensors instede van film. Die EOS lyn is steeds in produksie, met Canon se huidige digitale SLR (DSLR)-reeks, en met die 2012 bekendstelling van die Canon EOS M, Canon se spieëllose verwisselbare lens-kamerastelsel (MILC).

Die naam "EOS" sinspeel op Eos, die Titaangodin van die daeraad/dagbreek in die Griekse mitologie.[1]

Dit kompeteer in die eerste plek met die Nikon F-reeks en sy opvolgers, sowel as die outofokus-SLR-stelsels van Olympus, Pentax, Sony/Minolta, en Panasonic/Leica.[2] In 2010 het Canon 'n markaandeel van 44.5% in DSLR's gehou.[3]

Die hart van die stelsel is die Canon EF-lenspassing, wat die vorige FD-lenspassing vervang het, wat hoofsaaklik slegs handfokuslense ondersteun het. Die EOS R volraamkamera het 'n nuwe lensmontering aan die stelsel bekendgestel – die RF-montering. Die EOS-embleem is geskep met behulp van Handel Gotiese tipografie.

  1. "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 12 Oktober 2016.
  2. "DSLR Worldwide Market Share, 2010". 20 April 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2011. Besoek op 2 Mei 2011.
  3. "DSLR Worldwide Market Share, 2010" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Januarie 2015. Besoek op 2 Mei 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne