Canon EOS 40D

Die Canon EOS 40D is 'n 10,1-megapieksel semi-professionele digitale enkellensreflekskamera. Dit is teen die einde van Augustus 2007 vrygestel. Dit is die opvolger van die EOS 30D, en is opgevolg deur die EOS 50D.[1] Dit kan EF en EF-S lense pas. Soos sy voorganger, maak dit gebruik van 'n APS-C-grootte beeldsensor, wat 'n 1.6 x kropfaktor op die sigveld lewer.

  1. "Canon kameramuseum: verslag" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne