Cape Fear is 'n Amerikaanse sielkundige rillerfilm uit 1991 geregisseer deur Martin Scorsese. Dit is 'n herverwerking van die gelyknamige 1962-rolprent wat gegrond is op John D. MacDonald se 1957-roman, The Executioners. Die rolprent vertolk Robert De Niro, Nick Nolte, Jessica Lange, Joe Don Baker, Juliette Lewis, Robert Mitchum en Gregory Peck.
Die film vertel die verhaal van 'n veroordeelde statutêre verkragter wat sy nuutgevonde kennis van die wet, en die talle skuiwergate daarin, gebruik om wraak te neem teen 'n voormalige openbare beskermer, wat hy blameer vir sy 14-jaarlange tronkstraf vanweë doelbewuste foutiewe verdedigingstaktiek wat tydens sy verhoor gebruik is.
Cape Fear is die sewende samewerking tussen Scorsese en De Niro. Die rolprent was 'n kommersiële sukses en het positiewe resensies gekry, met Oscar- en Golden Globe-toekennings vir Beste Akteur (De Niro) en Beste Ondersteunende Aktrise (Juliette Lewis).