Capella
| ||||
![]() | ||||
Capella se ligging (in die rooi sirkel). | ||||
Sterrebeeld | Koetsier | |||
Bayer-naam | Alpha Aurigae | |||
Spektraaltipe | Aa:: K0III[1], Ab:: G1III[1], H: M2,5 V[2],L: M4[3] | |||
Soort | Veelvoudige ster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | A:: 05h 16m 41.35871s[4] H: 05h 17m 23.728s[5] L: 05h 17m 23.943s[6] | |||
Deklinasie | A:: +45° 59′ 52.7693″[4] H: +45° 50′ 22.97″[5] L: +45° 50′ 19.84″[6] | |||
Skynmagnitude (m) | A:: +0,08[7], H: 10,16[8], L: 13,7[9] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | Aa:: 2,5687 ± 0,0074, Ab:: 2,4828 ± 0,0067, H: 0,57,[10][11]L: 0,53[10] | |||
Radius (R☉) | Aa:: 11,98 ± 0,57 Ab:: 8,83 ± 0,33 H: 0,54 ± 0,03[12] | |||
Ouderdom (jaar) | 590-650 | |||
Temperatuur (K) | Aa: 4 970 ± 50 Ab:: 5 730 ± 60 H: 3 700 ± 150[12] | |||
Afstand (ligjaar) | 42,919–43,48 | |||
Eienskappe | ||||
Veranderlikheid | A: (RS CVn)[13] (vermoedelik)[14] | |||
Veelvoudigheid | 4 sterre | |||
Ander name | ||||
Alhajoth, Hokulei, α Aurigae, 13 Aurigae, ADS 3841, BD+45 1077, CCDM J05168+4559, GC 6427, HD 34029, HIP 24608, HR 1708, IDS 05093+4554, LTT 11619, PPM 47925, SAO 40186 e.a. | ||||
|
Capella (ook bekend as Alpha Aurigae of α Aur) is die helderste ster in die sterrebeeld Koetsier (Auriga) en die sesde helderste ster aan die naghemel. In die Noordelike Halfrond is dit die derde helderste ster, naas Arcturus en Vega. In die noordelike winter is dit ’n prominente voorwerp wat noord van 44°N sirkumpolêr is. Die Latynse naam beteken "klein bok" en stel die bok Amaltea in die Griekse mitologie voor waaraan Zeus as ’n baba gedrink het. Capella is relatief naby, teen net 42,9 ligjare van die Son af.
Hoewel dit met die blote oog soos ’n enkele ster lyk, is dit eintlik ’n vierdubbele ster wat uit twee dubbelsterre bestaan: die sterre Capella Aa, Capella Ab, Capella H en Capella L.
Die primêre paar, Capella Aa en Ab, is twee heldergeel reusesterre, wat albei ’n massa sowat 2,5 keer dié van die Son het. Die sekondêre paar, Capella H en L, is sowat 10 000 AE van die eerste paar af en is twee dowwe, klein en relatief koel rooidwerge.
Capella Aa en Ab het albei die waterstof in hul kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Hulle is in ’n baie nabye, ronde omwenteling omtrent 0,74 AE van mekaar af en draai elke 104 dae om mekaar. Capella Aa is koeler en helderder as Ab en is van die spektraaltipe K0III; dit sit tans helium in sy kern om in koolstof en suurstof. Capella Ab is effens kleiner en warmer en van spektraaltipe G1III; dit is in die Hertzsprung-gaping, waar subreuse uitsit en afkoel om rooireuse te word.
Capella is een van die helderste X-straalbronne in die lug; die strale kom vermoedelik hoofsaaklik van die korona van Capella Aa.
<ref>
tag; no text was provided for refs named vanLeeuwen2007
<ref>
tag; no text was provided for refs named torres15
<ref>
tag; no text was provided for refs named audard