Carel de Wet

Carel Pieter Cronje de Wet (25 Mei 1924 – 22 Mei 2004) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, dokter, diplomaat en lid van die Nasionale Party.

De Wet was burgemeester van Vanderbijlpark (1950–1952), toe LP vir dieselfde dorp (1953–1964) voordat hy LP vir Johannesburg-Wes (1967–1972) geword het. Hy was 3 keer die Ambassadeur van Suid-Afrika na Londen (1964 - 1967/1972 - 1977/1983), en ook minister van Mynwese (1967–1972) en gesondheid (1968–1972) in die kabinet van John Vorster.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne