Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Carina OB1 is ’n reusagtige OB-assosiasie in die Carinanewel[1] en die tuiste van sommige van die swaarste en helderste sterre in die Melkweg. Dit sluit die jong sterreswerms Collinder 228, NGC 3293, NGC 3324, IC 2581, Trumpler 14, Trumpler 15 en Trumpler 16 in,[2] waarvan laasgenoemde die tuiste is van Eta Carinae. Dit bevat ook ’n ander swaar en helder ster, HD 93129A. Dit is sowat 8 000 ligjare van die Aarde af.[1]
Carina OB1 is saam met Sagittarius OB5 en Cygnus OB2 een van die grootste bekende sterassosiasies. Dit is baie makliker om te sien as baie ander assosiasies omdat daar min stofwolke is wat dit verberg. Saam met Carina OB2 is dit sover bekend die swaarste stergroepering in die Melkweg.