Carl Otto Hager

Carl Otto Hager
Carl Otto Hager, Suid-Afrika se grootste argitek van Neo-Gotiese kerke
Carl Otto Hager
Gebore
Carl Otto Hager

16 Oktober 1813
Dresden, Koninkryk Sakse
Sterf7 Oktober 1898
NasionaliteitDuitsland, Suid-Afrika
BeroepArgitek, portretskilder en baanbrekerfotograaf
EggenootCornelia Janssen
Kinders11 (of sewe)
Ouer(s)Johann Gotthelf Hager en Johanna Rosina Galwitz
Preview warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "godsdiens"

Carl Otto Hager (Dresden, 16 Oktober 1813Stellenbosch, 7 Oktober 1898) was 'n Duitse argitek, portretskilder en baanbrekerfotograaf wat veral bekend geraak het in Suid-Afrika vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.

Hy was een van die grootste eksponente van die Neogotiese boustyl in Suid-Afrika, maar talle van die kerke wat hy ontwerp het, is intussen gesloop, onder meer dié op Carnarvon, Fraserburg, Willowmore (dit is onseker of hy dit wel ontwerp het), Caledon, Ceres en Heidelberg, Kaap. Van die mooistes wat behoue gebly het, is dié op Stellenbosch, Piketberg, Ladismith, Somerset-Oos en Pearston. Hy het ook kerke in die Vrystaat ontwerp, maar die name daarvan het vergete geraak. Ander noemenswaardige geboue waarvoor hy verantwoordelik was, is die Kweekskool (intussen ingrypend verander) en die neoklassieke Ou Hoofgebou van die universiteit op Stellenbosch.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne