Carlton-sentrum

Die Carlton-sentrum in Commisionerstraat 150, Johannesburg
Die binnestad van Johannesburg, soos vanaf die Carlton-sentrum gesien

Die Carlton-sentrum is 'n 50-verdieping hoë wolkekrabber in Johannesburg, Suid-Afrika.[1] Met 'n hoogte van 223 meter is dit een van die hoogste wolkekrabbers in die Suidelike Halfrond en die tweede hoogste in Afrika na die Leonardo.[2] Naas die Hillbrow-toring en die Sentech-toring is dit Suid-Afrika se derde hoogste gebou. Die sentrum, wat deur die Amerikaanse argitekte-ateljee Skidmore, Owings and Merrill in die brutalistiese styl ontwerp is,[3] is in 1973 deur Murray & Roberts voltooi en was destyds die hoogste gebou in die Suidelike Halfrond.

Hierdie kantoorgebou het 23 hysbakke en bied 'n totale oppervlakte van 68 055 vierkante meter. 'n Ondergrondse winkelsentrum met meer as 180 winkels verbind die gebou met die Carlton Hotel, wat op 1 Oktober 1972 amptelik geopen en ná 'n kwarteeu, in 1997, weens veiligheidsredes gesluit is,[4] maar intussen ook nie meer aan die vereistes vir 'n moderne luukse hotel sou voldoen nie. So word sy kamers as te klein beskou.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. skyscrapercenter.com, besoek op 3 Junie 2017]
  3. "brutalism.online: Carlton Centre, Johannesburg, South Africa. Besoek op 3 April 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2017. Besoek op 3 April 2018.
  4. "The Carlton Hotel". The Carlton Hotel (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op 12 Oktober 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne