In wiskunde is 'n Cassini ovaal 'n versameling (of lokus) van punte in die vlak sodat elke punt p op die ovaal 'n spesiale verhouding het met twee ander vaste punte q1 en q2: die produk van die afstand van p na q1 en die afstand van p na q2 is konstant. Dit wil së as die funksie dist(a,b) gedefinieer word om die afstand van 'n punt a na 'n punt b te wees, dan bevredig al die punteop 'n Cassini ovaal die vergelyking
waar b 'n konstante is.
Die punte q1 en q2 word die brandpunte van die ovaal genoem.
Cassini ovale is vernoem na die sterrekundige Giovanni Domenico Cassini.