Cavalleria rusticana

Cavalleria rusticana

Cavalleria rusticana (Italiaans vir "rustieke ridderlikheid") is 'n opera in een bedryf deur Pietro Mascagni, na 'n Italiaanse libretto deur Giovanni Targioni-Tozzetti en Guido Menasci, soos aangepas van 'n gelyknamige kortverhaal en daaropvolgende toneelstuk deur Giovanni Verga. Dit word beskou as een van die klassieke verismo-operas, en is op 17 Mei 1890 in die Teatro Costanzi in Rome die eerste keer op die planke gebring. Sedert 1893 word dit gereeld uitgevoer in 'n sogenaamde Cav/Pag-dubbelopvoering saam met die opera Pagliacci deur Ruggiero Leoncavallo . [1]

  1. Sims, M. 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne