Cecilia Payne-Gaposchkin

Cecilia Payne-Gaposchkin

Cecilia Payne-Gaposchkin (gebore Cecilia Helena Payne; (1900-05-10)10 Mei 1900 – 7 Desember 1979(1979-12-07)) was 'n Brits-gebore Amerikaanse sterrekundige en astrofisikus wat in 1925 in haar doktorsgraad voorgestel het dat sterre hoofsaaklik uit waterstof en helium bestaan. Haar baanbrekende gevolgtrekking is aanvanklik verwerp omdat dit die wetenskaplike wysheid van die tyd weerspreek het, wat gemeen het dat daar geen beduidende elementêre verskille tussen die Son en Aarde was nie. Onafhanklike waarnemings het egter uiteindelik bewys dat sy korrek was. Haar werk oor die aard van veranderlike sterre, wat saam met haar man, Sergei Gaposchkin, uitgevoer is, was die grondslag vir moderne astrofisika.[1]

  1. "Cecilia Helena Payne-Gaposchkin". HowStuffWorks. 23 April 2009. Besoek op 10 September 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne