Chadwick Boseman | |
![]() | |
Geboortenaam | Chadwick Aaron Boseman |
---|---|
Geboorte | 29 November 1976 Anderson, Suid-Carolina |
Sterfte | 28 Augustus 2020 (op 43) Los Angeles, Kalifornië |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, en skrywer |
Aktiewe jare | 2000–2020 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Chadwick Boseman (29 November 1976 − 28 Augustus 2020)[1][2] was 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente 42 (2013), Captain America: Civil War (2016), Black Panther (2018), en Avengers: Infinity War (2018).
Chadwick Boseman is op 28 Augustus 2020 in sy woning in Los Angeles aan kolorektale kanker oorlede.[3]