Chapmanspiek-rylaan | |
![]() | |
Chapmanspiek-rylaan. Die pas is op 'n laag graniet gebou. Die sagter sedimentêre rots bo die graniet is uitgekerf.
| |
Ligging | Kaapstad, Wes-Kaap |
---|---|
Hoogte | 592 m |
Chapmanspiek-rylaan is 'n bergpas en een van Kaapstad se skouspelagtigste rylane wat in die Wes-Kaap, Suid-Afrika geleë is. Die pad kronkel hoog bo die see in die kranse al langs die Skiereiland, vanaf Houtbaai tot by Noordhoek. Die pad is tussen 1915 en 1922 gebou en is 11 km lank.