Charles Koechlin, gedoop as Charles-Louis-Eugène Koechlin (Frans: [ʃaʁl lwi øʒɛn keklɛ̃]; 27 November 1867 - 31 Desember 1950), was 'n Franse komponis. Hy het verskeie belangstellings gehad soos middeleeuse musiek, The Jungle Book deur Rudyard Kipling, Johann Sebastian Bach, filmsterre (veral Lilian Harvey en Ginger Rogers), reis, stereoskopiese fotografie en sosialisme. Hy het eenkeer gesê: "Die kunstenaar benodig 'n ivoortoring, nie as 'n ontvlugting van die wêreld nie, maar as 'n plek waar hy die wêreld kan besigtig en homself kan wees. Hierdie toring is vir die kunstenaar soos 'n vuurtoring wat regoor die wêreld skyn."[1]