Charles Laval

Charles Laval

’n Portret van Laval.
Gebore (1862-03-17)17 Maart 1862
Parys, Frankryk
Sterf 27 April 1894 (op 32)
Parys
Nasionaliteit Frans
Veld Skilderkuns
Beweging Sintetisme
Charles Laval, Selfportret, 1888, olie op doek, Van Gogh-museum, Amsterdam.

Charles Laval (17 Maart 186227 April 1894) was ’n Franse skilder wat verbind word met die sintetistiese beweging en die Pont-Aven-skool.

Laval is in Parys, Frankryk, gebore en was ’n tydgenoot en vriend van Paul Gauguin en Vincent van Gogh. Gauguin het in 1886 ’n portret van hom, Stillewe met Profiel van Laval, geskilder waarop Laval na een van Gauguin se keramiekbeelde kyk.[1]

  1. Still Life with Profile of Laval, Indianapolis Museum of Art Geargiveer 29 Oktober 2012 op Wayback Machine URL besoek op 6 April 2011

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne