Charles Leclerc | |
---|---|
Leclerc in 2020
| |
Geboortedatum | 16 Oktober 1997 |
Geboorteplek | Monte Carlo, Monaco |
Nasionaliteit | Monegask |
Ou span(ne) | Sauber-Ferrari |
Span in 2024 | Ferrari |
Span in 2025 | Ferrari |
Motornommer | 16 |
Inskrywings | 149 (147 begin) |
Kampioenskappe | 0 |
Oorwinnings | 8 |
Podiums | 43 |
Loopbaanpunte | 1430 |
Voorste wegspronge | 26 |
Vinnigste rondtes | 10 |
Eerste F1-wedren | 2018 Australiese Grand Prix |
Eerste wen | 2019 Belgiese Grand Prix |
Laaste wen | 2024 Italiaanse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2024 |
Verlede jaar plek | 3de (356 punte) |
Charles Leclerc (gebore 16 Oktober 1997) is 'n Monegaskiese professionele renbestuurder, wat sedert 2016 by Formule Een betrokke is en sedert 2019 vir die fabrieks-Ferrarispan jaag, gekontrakteer tot die einde van die 2024-seisoen. Hy het die GP3-reeks- kampioenskap in 2016 en die FIA Formule 2-kampioenskap in 2017 gewen.
Leclerc het sy Formule Een-debuut in 2018 vir die Sauber-Ferrarispan gemaak,[1] 'n span verbonde aan Ferrari, terwyl hy deel was van die Ferrari-bestuurdersakademie. Met Sauber wat die vorige jaar laaste geëindig het, het Leclerc die stryd aangesê om sy eindposisie in die vervaardigerskampioenskap tot agtste te verbeter, en was in die beter posisie van die twee Sauber-jaers.
Hy het die naasjongste jaer geword wat in Formule Een by die 2019 Bahreinse Grand Prix in die voorwegspringposisie gekwalifiseer het. In die 2019-seisoen het Leclerc ook sy eerste loopbaanoorwinning in België behaal. Hy het die FIA-voorwegsprongtrofee in die 2019-seisoen gewen en die jongste jaer geword om dit te wen. Hy eindig die 2019 in 'n verdienstelike vierde plek as bestuurder, nadat hy in elke wedren beter vertoon het as sy viermalige wêreldkampioenspanmaat, Sebastian Vettel.