Charles Taylor | |
Geboortenaam | Charles Margrave Taylor |
---|---|
Gebore | 5 November 1931 Montreal, Quebec, Kanada |
Nasionaliteit | Kanada |
Vakgebied | Politieke filosofie, kosmopolitisme, Sekularisme, godsdiens, moderniteit |
Instelling(s) | Universiteit van Oxford, McGill Universiteit, Noordwestelike Universiteit |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Plato, Hegel, Marx, Tocqueville, Merleau-Ponty, Weber, Durkheim, Wittgenstein, M. Polanyi, Ricoeur, Heidegger, James, Dreyfus, Bell, Lasch, Lipovetsky |
Invloed op | Honneth, Walzer, Sandel, Kompridis, Smith, Wilber |
Toekennings | Templeton-prys (2007) Kioto-prys (2008) John W. Kluge-prys (2015) |
Charles Margrave Taylor (Montreal, 5 November 1931) is 'n Kanadeese filosoof. Hy het veral bydraes gelewer te opsigte van die politieke filosofie, hoewel hy ook bekend is vir sy analise van die "moderne self". Binne die politieke denke word hy geplaas onder die kommunitarisme en hy speek ook baie kritiek uit op die “verregaande individualisme” en die gebrekkige aandag aan die kollektiewe in die hedendaagse samelewing. In sy werk oorbrug hy ook die tradisionele kloof tussen die analitiese en kontinentale filosofie.