Charles Mingus

Charles Mingus
Opvoering vir die "U.S. Bicentennial", New York Stad, 4 Julie 1976
Foto deur Tom Marcello
Agtergrondinligting
GeboortenaamCharles Mingus Jr.
Gebore(1922-04-22)22 April 1922
Nogales, Arizona, V.S.A.
Sterf5 Januarie 1979 (op 56)
Cuernavaca, Meksiko
GenresJazz, hard bop, bebop, avant-garde jazz, post-bop, Third Stream, orkestrale jazz, free jazz
Beroep(e)Musikant en komponis
InstrumenteKontrabas, klavier, tjello
Jare aktief1943–1979
EtiketteAtlantic Records, Candid Records, Columbia Records, Debut Records, Impulse! Records, Mercury Records, United Artists Records
AssosiasiesPepper Adams, Jaki Byard, Miles Davis, Eric Dolphy, Duke Ellington, Jimmy Knepper, Joni Mitchell, Charlie Parker, Don Pullen, Dannie Richmond, Max Roach, Jack Walrath
Webwerfwww.mingusmingusmingus.com

Charles Mingus Jr. (22 April 19225 Januarie 1979) was 'n Amerikaanse jazzmusikant en -komponis. Hy het die kontrabas en klavier bespeel. Hy was 'n belangrike proponent van kollektiewe improvisasie en word as een van die grootste jazz musikante en -komponiste beskou,[1] met 'n loopbaan van meer as drie dekades lank. Hy het ook verskeie kere saam met ander jazzlegendes soos Louis Armstrong, Duke Ellington, Charlie Parker, Dizzy Gillespie, Dannie Richmond en Herbie Hancock gespeel.

Mingus se komposisies word steeds deur uiteenlopende groepe kontemporêre musici gespeel, soos die Mingus Big Band, Mingus Dynasty en Mingus Orchestra asook hoërskoolstudente wat aan die Charles Mingus High School Competition deelneem.[2] In 1993 het die Biblioteek van die Amerikaanse Kongres Mingus se versamelde dokumente aangeskaf—wat bladmusiek, klankopnames, korrespondensie en fotos insluit—en welke hulle beskryf het as "the most important acquisition of a manuscript collection relating to jazz in the Library's history".

  1. Sien die dokumentêre program uit 1998 getiteld Triumph of the Underdog
  2. Ernest Barteldes (Februarie 18, 2009). "Thirty Years On, The Music Remains Strong; Charles Mingus's legacy revisited at the Manhattan School of Music". Nypress.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op April 14, 2014. Besoek op Oktober 26, 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne