Charles Ives | |
---|---|
![]() | |
Gebore | Danbury, Connecticut | 20 Oktober 1874
Sterf | 19 Mei 1954 (op 79) |
Beroep | komponis, versekeringsmakelaar |
Charles Edward Ives (/aɪvz/; 20 Oktober 1874 - 19 Mei 1954) was 'n Amerikaanse modernistiese komponis,[1] en een van die eerste Amerikaanse komponiste wat internasionale bekendheid verwerf het.[2] Sy musiek is grootliks tydens sy eie lewe geïgnoreer, en baie van sy werke is vir baie jare nie opgevoer nie. Later in sy lewe is die kwaliteit van sy werke wyd erken, en het hy weldra begin bekendstaan as 'n "American original".[3][4][5] Hy was ook een van die eerste komponiste om 'n sistematiese program van eksperimentele musiek van stapel te stuur, met musikale tegnieke soos poli-tonaliteit en poli-ritme.[6] Sy eksperimentering was die voorloper van verskeie musikale innovasies wat later wyd in gebruik geneem is tydens die 20ste eeu. Derhalwe word hy dikwels beskou as die leidende Amerikaanse komponis van 20ste eeuse kunsmusiek.[7]