Chartreuse (gebergte)

Kaart van die Chartreuse-bergreeks
Toeristiese kaart van la Grande Chartreuse uit 1897
Die Charmant Som en Chamechaude vanaf die Col de la Grande Vache

Die Chartreuse (Frans: Massif de la Chartreuse) is 'n bergreeks in die Franse Voor-Alpe wat ten noorde van die stad Grenoble en ten suide van Chambéry, die ou hoofstad van die historiese gebied van Savoye, geleë is. Die bergreeks lê in die Franse départemente Isère (75%) en Savoie (25%).

Die bergreeks is ongeveer 40 km lank (in die rigting noord-oos/suid-wes) en 15 km breed. Ten ooste en ten suide van die reeks lê die vallei van die Isèrerivier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne