Che Guevara | |
---|---|
![]() Che Guevara by die gedenkdiens van die La Coubre ontploffing. Geneem deur Alberto Korda op 5 Maart 1960. | |
Gebore | Ernesto Guevara 14 Junie 1928 Rosario, Santa Fe, Argentinië |
Sterf | 9 Oktober 1967 La Higuera, Vallegrande, Bolivië |
Beroep | Dokter, skrywer, guerrilla, regeringsamptenaar, Militêre strateeg |
Politieke party | Beweging van die 26ste Julie, Verenigde Party van die Kubaanse Sosialistiese Rewolusie,[1] Nasionale Bevrydingsweermag van Bolivië |
Eggenoot | Hilda Gadea (1955–1959) Aleida March (1959–1967, sy dood) |
Kinders | Hilda (1956–1995), Aleida (* 1960), Camilo (* 1962), Celia (* 1963), Ernesto (* 1965) |
Ouer(s) | Ernesto Guevara Lynch[2] Celia de la Serna y Llosa[2] |
Handtekening | |
![]() |
Ernesto "Che" Guevara (14 Junie[5] 1928 – 9 Oktober 1967) algemeen bekend as Che Guevara, El Che of net Che, was 'n Argentynse Marxistiese revolusionêr, dokter, skrywer, intellektueel, guerilla-leier, militêre teoretikus en 'n groot figuur in die Kubaanse Revolusie.[6] Sedert sy dood het sy gestileerde gelaat 'n alomteenwoordige kontrakultuursimbool geword asook globale ordeteken in volkskultuur.[7]
As 'n mediese student het Guevara Latyns-Amerika deurkruis en is hy omvorm deur die grootskaalse armoede wat hy aanskou het.[8] Sy ervarings en waarnemings op hierdie reise het hom maak besluit dat die gebied se ingewortelde ekonomiese ongelykhede die inherente gevolg van monopolistiese kapitalisme, neokolonialisme en imperialisme was, met 'n wêreldrevolusie as die enigste oplossing hiervoor.[9] Hierdie oortuiging het tot sy betrokkenheid in die sosiale hervorming van Guatemala onder president Jacobo Arbenz Guzmán, wie se uiteindelike val (met behulp van die Amerikaanse CIA) Guevara se radikale ideologie verstewig het. Later, terwyl hy in Meksikostad gewoon het, het hy Raul en Fidel Castro ontmoet, aangesluit by hulle Beweging van die 26ste Julie en Kuba ingeneem aanboord van die Granma seiljag met die bedoeling om die Amerikaans-gesteunde Kubaanse diktator Fulgencio Batista omver te werp.[10] Guevara het gou aansien verwerf onder insurgente, is bevorder tot tweede in bevel, en het 'n deurslaggewende rol gespeel in die suksesvolle guerrilla-veldtog wat uiteindelik ontslae geraak het van die Batista-bewind.[11]
Na die Kubaanse revolusie het Guevara 'n aantal sleutelrolle in die nuwe regering gehad. Dit het o.m. die oorsig van appèlle en die teregstelling deur vuurpeloton van diegene wat skuldig bevind is aan oorlogsmisdade gedurende die revolusionêre tribunale,[12] ingesluit asook die instelling van landelike hervorming as minister van industrieë. Verder het hy ook gedien as president van die nasionale bank van Kuba asook die raadgewende direkteur vir Kubaanse weermag en het hy die wêreld platgereis as 'n diplomaat ten behoewe van Kubaanse sosialisme. Sulke ampte het hom in staat gestel om 'n sentrale rol te speel in die opleiding van die weermag wat die inval in die Varkensbaai (Bay of Pigs) afgeweer het,[13] asook om die kerngelaaide ballistiese vuurpyle van die Sowjetunie na Kuba te bring, wat aanleiding gegee het tot die Kubaanse missielkrisis.[14] Hiermee saam was hy ook 'n vrugbare skrywer en dagboekskrywer en het hy 'n gedagteryke gids oor guerrilla-oorlogvoering saamgestel, tesame met 'n topverkopende memoire oor sy jong dae waar hy op 'n motorfiets Suid-Amerika deurkruis het. Guevara het Kuba in 1965 verlaat om onsuksesvolle revolusies aan te wakker, eers in Kongo-Kinshasa en later in Bolivia, waar hy gevange geneem is deur CIA-gesteunde Boliviaanse magte en tereg gestel is.[15]