Cheetahs (Verenigde Rugbykampioenskap)

Cheetahs
Bynaam(e) Cheetahs
Stigting 2005
Unie Vrystaatse Rugbyunie
Ligging Bloemfontein, Vrystaat
Streek Vrystaat en
Noord-Kaap
Stadion Vrystaatstadion
Griekwapark
Kapasiteit 48 000 en 18 000
Afrigter(s) Hawies Fourie
Kaptein(s) Tian Meyer
Ruan Pienaar
Liga(s) Pro14Verenigde Rugbykampioenskap
2019–20 4de
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 97 Adriaan Strauss
Meeste punte 331 Johan Goosen
Meeste drieë 24 Sarel Pretorius
Eerste wedstryd
Vrystaat 20 – 24 Gauteng Leeus
(2 Maart 1997)
Grootste oorwinning
Cheetahs 92 – 17 Sunwolves
(15 April 2016)
Grootste nederlaag
Hurricanes 61 – 7 Cheetahs
(20 Mei 2017)
Amptelike webwerf
www.fscheetahs.co.za
Unie webwerf
www.sarugby.net

Die Cheetahs (weens borgskapredes bekend as die Toyota Cheetahs), is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat tans aan die multinasionale Verenigde Rugbykampioenskap deelneem, nadat hulle van 2006–2017 aan die Superrugbykompetisie deelgeneem het. Die konsessie sluit die Vrystaat en die Noord-Kaap in. In terme van Curriebekerunies kom die Cheetahs spelers van die Vrystaat Cheetahs, Noord-Vrystaat Griffons en die Griekwas af. Hulle speel hul tuiswedstryde op die Toyota-stadion in Bloemfontein. Die huidige kaptein van die span is Francois Venter.

Die Cheetahs was een van die twee konsessies wat in 2006 tot die uitgebreide Super 14-kompetisie toegetree het; die ander was die Western Force. Die Sentrale Unie is in April 2005 ten koste van die SOK-unie die konsessie toegeken. In hul eerste seisoen het die Cheetahs verbasend goed gevaar toe hulle tiende uit 14 geëindig het. Voordat die Cheetahs tot Superrugby aanvaar is in 2006 het hul spelers as deel van die Cats-konsessie op die veld gedraf. Die Vrystaatse Curriebekerspan het in 1997, voordat Suid-Afrika konsessies toegeken het, ook aan die Super 12 kompetisie deelgeneem.[1] In 2017 is die Cheetahs se deelname aan Superrugby beëindig en het die span begin met deelname aan die Pro14-toernooi.

  1. "Central Cheetahs". CRFU (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2008. Besoek op 2 Februarie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne