Die Chelsea-blommeskou is 'n groot blom-en-tuinskou wat jaarliks in Mei in Londen gehou word. Die skou duur 5 dae en word deur die Koninklike Tuinboumaatskappy (Royal Horticultural Society, RHS) in die Londense stadsdeel Chelsea georganiseer. Dit lok besoekers van heinde en ver.[1]
Die geleentheid word jaarliks deur sowat 150 000 mense besoek,[2] waaronder lede van die Britse koninklike familie, en kry uitgebreide aandag in die Britse media. Nuwe plant- en blom-variëteite word tydens die skou bekendgestel en tuinontwerpers bied skoutuine wat die nuutste tendense wys. Talle pryse word uitgedeel, waaronder pryse vir die beste tuin, beste stadstuin en beste blommerangskikking.