Chili | ||||
Unie | Nasionale Rugbysportfederasie (FDNR) | |||
Bynaam(e) | Los Condores (“die kondors”) | |||
Embleem | die Andeskondor | |||
Stadion | Estadio Municipal de La Pintana, Santiago de Chile | |||
Kapasiteit | 6 000 | |||
Afrigter(s) | Pablo Lemoine (sedert 2018) | |||
Kaptein(s) | Martín Sigren | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | José Larenas (50)[1] | |||
Meeste toetspunte | Javier Valderrama (239)[2] | |||
Meeste drieë | José Larenas (11)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Chili 0–29 Argentinië (Valparaíso, Chili; 20 September 1936) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Chili 102–0 Paraguay (Montevideo, Uruguay; 3 Mei 2003) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Argentinië 89–6 Chili (Montevideo, Uruguay; 20 Mei 2009) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 1/10 (Eerste in 2023) | |||
Beste uitslag | Groepfase in 2023 | |||
Unie webwerf | ||||
chile.rugby |
Die Chileense nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Chile) is die nasionale rugbyspan wat Chili in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Los Cóndores (Spaans vir: “die kondors”), na die andeskondor (Vultur gryphus), die nasionale voël van die Suid-Amerikaanse land. Rugby word in Chili geadministreer deur die Nasionale Rugbysportfederasie (Federación Deportiva Nacional de Rugby, FDNR) wat in 1953 gestig is. Chili word as die vyfde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada en Uruguay) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Chileense rugbyspan is tans (Januarie 2025) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Twee voormalige Chileense rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.
Chili het in 1936 sy eerste toetswedstryd teen Argentinië gespeel. In 2022 het Chili vir die eerste keer vir die rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee die derde Suid-Amerikaanse land geword wat daarin kon slaag; hulle het egter tydens die 2023-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Chili het in 2015 vir die eerste keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gewen. Sedert 2016 neem Chili ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Kanada, Uruguay en die Verenigde State.