Chris Rea | |
---|---|
Chris Rea by die Warskouse Kongressaal, Februarie 2012 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Christopher Anton Rea |
Gebore | 4 Maart 1951 Middlesbrough, North Riding of Yorkshire, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Genres |
|
Beroep(e) |
|
Instrumente |
|
Jare aktief | 1973–teenswoordig |
Etikette |
|
Webwerf | www |
Christopher Anton Rea (/ˈriːə/; gebore op 4 Maart 1951)[1] is 'n Engelse rock- en blues sanger-liedjieskrywer en kitaarspeler. Hy is gebore in Middlesbrough, Engeland, en van Italiaanse en Ierse akoms. Hy is bekend om sy kenmerkende kitaarspel.[2][3][4] Hy het eers relatief laat in sy lewe die kitaar leer speel en in 1978 'n solo loopbaan van stapel gestuur.
Die tydskrif Louder bestempel Rea as "rock's ultimate survivor", gegewe sy herstel van verskeie ernstige siektes.[5] Hy het reeds vyf-en-twintig solo albums geproduseer, met verskeie wat uit sy latere blues-periode dateer - soos sy album Blue Guitars uit 2005. Volgens die boek British Hit Singles & Albums was Rea "een van die mees populêre sanger-liedjiekskrywers uit die VK van die laat-1980's" en "reeds 'n gerekende Europese ster toe hy uiteindelik die VK se Top 10-speellys behaal het met die vrystelling van die [1989] enkelsnit The Road to Hell... "[6] Twee van sy mees suksesvolle studio-albums, The Road to Hell (1989) en Auberge (1991), was bo-aan die UK Albums Chart.[6] Sy ander trefferliedjies sluit in I Can Hear Your Heartbeat, Stainsby Girls, Josephine, On the Beach, Let's Dance, Driving Home for Christmas, Working on It, Tell Me There's a Heaven, Auberge, Looking for the Summer, Winter Song, Nothing to Fear, Julia en If You Were Me, 'n duet saam met Elton John.[7] Rea is drie keer (in 1988, 1989 en 1990) benoem vir die Brit Award in die kategorie "Beste Britse Manlike Kunstenaar".[8][9][10]
Rea het nog nooit deur die Verenigde State, waar hy die beste bekend is vir sy enkelsnit uit 1978 getiteld Fool (If You Think It's Over), getoer nie. Die liedjie het destyds die No. 12 posisie bereik op die Billboard Hot 100 en was vir drie weke in die No. 1 posisie op die Adult Contemporary chart. Met ingang 2009 het Rea reeds meer as 30 miljoen albums wêreldwyd verkoop.
From being a multimillion-selling, soft-rock tunesmith, Rea, 55, has turned into a hardcore disciple of the electric blues.