Christiaan VI | |
---|---|
Koning van Denemarke en Noorweë | |
Portret deur Johann Salomon Wahl, c. 1740.
| |
Tydperk | 12 Oktober 1730 – 6 Augustus 1746 |
Voorganger | Frederik IV |
Opvolger | Frederik V |
Huis | Oldenburg |
Vrou | Sophia Magdalene van Brandenburg-Kulmbach |
Vader | Frederik IV |
Moeder | Louise van Mecklenburg-Güstrow |
Gebore | Kopenhagen | 30 November 1699,
Oorlede | 6 Augustus 1746 (op 46), Hirschholm |
Christiaan VI (30 November 1699 - 6 Augustus 1746) was van 1730 tot 1746 koning van Denemarke en Noorweë. Hy was die oudste oorlewende seun van koning Frederik IV en Louise van Mecklenburg-Güstrow en word beskou as een van Denemarke se mees onbekende konings. Hy was egter ’n goeie politikus en is veral bekend vir sy outoritêre bewind. Hy was die eerste koning van die Huis van Oldenburg wat nie in ’n oorlog betrokke was nie. Sy leuse was Deo et populo ("Vir God en die volk").[1][2]