Christus die Verlosser | |
---|---|
Standbeeld van Christus die Verlosser wat oor Rio de Janeiro uittroon.
| |
Land | Brasilië |
Onthul | 12 Oktober 1931 |
Plek | Rio de Janeiro, Brasilië |
Ontwerp | Heitor da Silva Costa |
Vervaardig | Paul Landowski |
Christus die Verlosser (Portugees: Cristo Redentor) is 'n groot standbeeld van Jesus Christus in die wyk Alto da Boa Vista in die stad Rio de Janeiro in Brasilië. Die beeld is 38 meter hoog en staan op die 710 meter hoë Corcovado-berg, wat oor die stad uitkyk. Van 1931 tot 2010 was dit die grootste Art Deco-standbeeld ter wêreld.