Cisticolidae | |
---|---|
![]() | |
'n Bandkeelkleinjantjie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | Cisticolidae Sundevall, 1872
|
Genera | |
Baie, sien teks |
Cisticolidae is 'n familie van uiteenlopende voëls in die orde van sangvoëls (Passeriformes). Hulle is klein insekvretende voëltjies met afgeronde vlerke en lang, dikwels afgeslete sterte. Hulle grootte wissel van 9 tot 20 sentimeter. Hulle het dun pootjies en 'n skerp snawel. Die meeste spesies kom in Suid-Europa, Afrika, Asië en Australië voor. Hulle lewe in woude, savannes, graslande, moerasse en struikgewasse in semi-droë en droë gebiede. Die verekleed is lig van kleur by spesies wat in die bos lewe en donkerder vir spesies wat in meer oop gebiede woon.