Claudio Arrau León (Spaanse uitspraak: [ˈklau̯ðjo aˈrau̯]; 6 Februarie 1903 – 9 Junie 1991) was 'n Chileense pianis wat bekend was vir sy interpretasies van 'n ontsagwekkende repertorium wat van Barokmusiek tot die werke van 20ste eeuse komponiste gestrek het. Hy was veral bekend vir sy interpretasies van Bach, Beethoven, Schubert, Chopin, Schumann, Liszt en Brahms. Hy word beskou as een van die grootste pianiste van die twintigste eeu.[1]Arrau was 'n leerling van Martin Krause, wat op sy beurt 'n leerling was van Liszt.