Coloradorivier | |
---|---|
Die Coloradorivier in Austin, Texas
soos vanaf Berg Bonnell gesien. | |
Stroomgebied | Texas (Verenigde State) |
Oorsprong | Dawson County (Texas, Verenigde State) |
Monding | 28°35′41″N 95°58′59″W / 28.59472°N 95.98306°W Matagordabaai Golf van Meksiko |
Lengte | 1 387 km (862 myl)[1] |
Oorsprong-hoogte | 1 000 m (3 280 vt) |
Monding-hoogte | 0 m (0 vt) |
Gemiddelde afloop | 73,9 m³/s (2 609 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 103 000 km² (39 900 myl²)[2] |
Die Coloradorivier (Engels: Colorado River; Spaans: Río Colorado) is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in die Verenigde State. Die Coloradorivier het 'n lengte van 1 387 km en is die grootste rivier wat geheel en al deur die Amerikaanse deelstaat Texas vloei.
Die Coloradorivier ontspring in die ooste van Texas, wes van die grens tot Nieu-Meksiko en vloei heeltyd in 'n suidoostelike rigting. In die suide van Texas vloei dit deur Austin, die belangrikste stad langs die Coloradorivier. Verder suidoos mond die Coloradorivier naby Matagordabaai in die Golf van Meksiko uit.
Die Coloradorivier, wat "rooi"[3] of "rooierige" rivier in Spaans beteken, is deur Spaanse ontdekkingsreisigers dikwels met die Brazosrivier verder noordoos verwar.[2] Die Europese ontdekkers van dié twee naburige riviere het die huidige Coloradorivier Brazos de Dios genoem en die huidige Brazosrivier Coloradorivier, maar later is die twee riviere se name met mekaar omgeruil.