Coma-superswerm | |
---|---|
![]() ’n Kaart van die Coma-superswerm.
| |
Sterrebeeld | Berenike se Hare |
Aantal sterrestelsels | 3 000 |
Afstand | 300 megaligjare (92 megaparsek) |
Hoofas | 20 megaligjare (6 megaparsek) |
Kort as | 20 megaligjare (6 megaparsek) |
Die Coma-superswerm (SCl 117) is ’n nabygeleë superswerm van sterrestelsels wat die Coma- (Abell 1656) en die Leo-sterrestelselswerm (Abell 1367) insluit. Dit is 300 miljoen ligjare van die Aarde af geleë in die middel van die Groot Muur.
Die Coma-superswerm is die naaste groot swerm aan ons eie Virgo-superswerm. Dit is rofweg bolvormig, sowat 20 miljoen ligjare in deursnee en bevat meer as 3 000 sterrestelsels. Dit lê in die sterrebeeld Berenike se Hare. Dit is een van die eerste superswerms wat ontdek is en het sterrekundiges groot strukture in die heelal help verstaan.