Conchita Wurst | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Thomas Neuwirth |
Gebore | 6 November 1988 Gmunden (Oostenryk) |
Genres | Pop, dans, elektronika |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 2006 - hede |
Assosiasies | Jetzt Anders! |
Webwerf | conchitawurst.com |
Thomas "Tom" Neuwirth (gebore op 6 November 1988), beter bekend onder sy verhoognaam Conchita Wurst, is 'n Oostenrykse musikant. Hy verteenwoordig Oostenryk by die Eurovision-sangfees van 2014 en wen die kompetisie met sy liedjie Rise Like a Phoenix. Die sanger gebruik vroulike voornaamwoorde om homself te beskryf as hy die rol van Wurst vertolk.[1]