Constans II | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
’n Muntstuk wat Constans II uitbeeld.
| |
Bewind | 641 – 15 September 668 |
Dinastie | Herakleios |
Gebore | 7 November 630 |
Oorlede | 15 September 668 |
Voorganger | Heraklonas |
Opvolger | Konstantyn IV |
Eggenote | Fausta |
Kinders | Konstantyn Herakleios Tiberius |
Vader | Konstantyn III |
Moeder | Gregoria |
Constans II of Konstantyn die Bebaarde (Grieks: Κώνστας Β; 7 November 630 – 15 September 668) was die Bisantynse keiser van 641 tot 668. Constans is die verkleiningsvorm van sy geboortenaam, Herakleios, maar hy het amptelik as Konstantyn regeer. Die bynaam word meestal in Bisantynse en moderne geskrifte gebruik.
Hy was die seun van Konstantyn III en het in 641 medekeiser geword ná gerugte dat keiser Heraklonas se ma, Martina, Konstantyn vergiftig het. Heraklonas is in dié jaar van die troon gesit en Constans het alleenheerser geword.