Construction Time Again | ||||
---|---|---|---|---|
Ateljeealbum van Depeche Mode | ||||
Vrygestel | 22 Augustus 1983 | |||
Ateljee | The Garden Studios (Shoreditch/Londen) Hansa Studio 2 (Berlyn) | |||
Genre | Synthie Pop, New Wave, Industrial, Alternative dance, Dance-rock | |||
Speeltyd | 42:10 | |||
Etiket | Mute Records | |||
Produsent | Depeche Mode, Daniel Miller | |||
Depeche Mode-chronologie | ||||
| ||||
Enkelspelers vanaf Construction Time Again | ||||
|
Construction Time Again is die derde ateljeealbum van die Britse synthie-pop-groep Depeche Mode en die eerste waarvoor die groep van die nuwe samples-tegniek gebruik gemaak het: Verskillende metallieke geluide is as samples opgeneem en later by 'n snit gevoeg. Een van die album se snitte, Pipeline, bestaan selfs uitsluitlik uit samples, en sy lirieke het ook die album se titel opgelewer.
Depeche Mode het naas metaalgeluide ook 'n groot verskeidenheid alledaagse geluide as samples opgeneem, en net soos Construction Time Again is ook hul volgende albums deur hierdie sogenaamde "industriële musiekstyl" (Engels: Industrial Music) oorheers.
Construction Time Again is ook die eerste album waaraan Alan Wilder as 'n nuwe lid van die groep meegewerk het. Wilder het 'n aantal van snitte, wat hy self geskryf het, vir die album voorgestel, en uiteindelik is twee hiervan – Two Minutes Warning en The Landscape Is Changing – deur die groep gekies en opgeneem. Die album is in John Foxx se Garden Studios-ateljee in Shoreditch, Londen opgeneem en in die Berlynse ateljee Hansa Studio 2 afgemeng. Depeche Mode het ook hulle volgende albums in Berlyn afgemeng.
In 2007 is Construction Time Again saam met 'n bonus-DVD vrygestel. Die eerste kompakskyf is hermeester en (behalwe vir die Verenigde State) as 'n beperkte CD/SACD-hibriedskyf-uitgawe vrygestel.
Die bonus-DVD bevat die B-kante en die enkelsnit en B-kant van Get the Balance Right, 'n enkelsnit-titel wat 'n kort tyd voor die album opgeneem is, asook 'n dokumentêr waarin Get the Balance Right en Construction Time Again, die album se twee enkelsnitte, die ontstaangeskiedenis van die omslag, die lirieke, en die album se sampling-tegniek bespreek word. Daarnaas word die invloed bespreek wat Alan Wilder as 'n nuwe lid van die groep en Gareth Jones as die nuwe klankingenieur op Depeche Mode se nuwe "industriële" musiekstyl uitgeoefen het. Die dokumentêr bied ook uittreksels van die Get the Balance Right-musiekvideo wat voorheen nog nie vrygestel is nie.
Die Collectors Edition het op 20 Maart 2007 in die VSA, 26 Maart in die Verenigde Koninkryk en 2 April in die res van Europa verskyn. Die hermeesterde album is daarnaas in Europa ook as 'n "deluxe" viniel-langspeelplaat vrygestel.