Cosimo de' Medici

Cosimo di Giovanni de' Medici
Portret deur Bronzino
Gebore27 September 1389
Florence, Republiek van Florence
Sterf1 Augustus 1464 (op 75)
Villa Medici at Careggi, Republiek van Florence
EggenootContessina de' Bardi

Cosimo di Giovanni de' Medici, die "Ouere" (Italiaans: il Vecchio), postuum vereer as "Vader van die Vaderland" (Latyn: pater patriae) (27 September 13891 Augustus 1464), was 'n Italiaanse bankier en politikus en die eerste lid van die bekende Medici-familie wat Florence gedurende die grootste deel van die Italiaanse Renaissance regeer het. Ten spyte van sy invloed was sy mag nie onbeperk nie; Florence se wetgewende rade het regdeur sy lewe weerstand gebied teen sommige van sy voorstelle. Hy is beskou as 'n gelyke, eerder as 'n tiran en outokraat.[1] Sy mag was afkomstig van sy rykdom as bankier, en hy was ook 'n beskermheer van die kunste, geleerdheid en argitektuur.[2]

  1. Martines, Lauro (2011). The Social World of the Florentine Humanists, 1390–1460. University of Toronto Press. p. 8.
  2. Strathern, Paul (2005). The Medici: Godfathers of the Renaissance. London: Pimlico. pp. 45–126. ISBN 978-1-84413-098-6.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne