Cottesloe | |
---|---|
Koördinate: 26°11′42″S 28°2′3″O / 26.19500°S 28.03417°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Hoofplek | Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,33 km2 (0,13 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 403 |
• Digtheid | 4 252/km2 (11 010/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7,6% |
• Indiërs/Asiërs | 2,3% |
• Bruin mense | 3,4% |
• Swart mense | 86,0% |
• Ander | 0,8% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 16,7% |
• Engels | 15,9% |
• Zoeloe | 14,5% |
• Suid-Ndebele | 12,3% |
• Ander | 11,6% |
Cottesloe is 'n klein voorstad wes van Johannesburg se middestad, sowat 3 km noordwes van die stadsaal, wes van Braamfontein, noord van Vrededorp en Jan Hofmeyr, en suid van Parktown. Dit is so genoem deur die eertydse minister van lande dr. Adam Jameson na die Wes-Australiese dorp met dieselfde naam, sowat 11 km suidwes van Perth.
In 1960 het Cottesloe wêreldbekend geraak vanweë die Cottesloe-kerkeberaad wat hier gehou is.