Cradock

Cradock
Die kerkgebou van die NG gemeente Cradock.
Die kerkgebou van die NG gemeente Cradock.
Cradock is in Oos-Kaap
Cradock
Cradock
 Cradock se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 32°10′14″S 25°37′01″O / 32.17056°S 25.61694°O / -32.17056; 25.61694
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikChris Hani
MunisipaliteitInxuba Yethemba
Stigting1816
Oppervlak
 • Totaal125,96 km2 (48,63 vk. myl)
Hoogte
896 m (2 940 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal36 671
 • Digtheid291/km2 (750/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense11.8%
 • Indiërs/Asiërs0.4%
 • Bruin mense25.4%
 • Swart mense61.8%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Xhosa 55.9%
 • Afrikaans 38.2%
 • Engels 3.5%
 • Ander 2.4%
Poskode (strate)
5880
Poskode (posbusse)
5880
Skakelkode048

Die dorp Cradock in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap lê in een van die land se belangrikste skaapteelgebiede, die Groot-Visriviervallei. Die omgewing is uiters geskik vir die landbou en lewer danksy 'n milde klimaat en genoegsame reënval onder meer lusern en melkprodukte op. Die huidige bevolking word op 36 760 geraam.

Sowat 30 huise wat vroeër aan ambagslui behoort het, is omskep in die Tuishuise wat oornagverblyf bied.
Die Schreiner Huis op Cradock huisves 'n uitstalling oor Olive Schreiner se lewe en werk, 'n boekwinkel en ander geriewe.

Cradock word na die Vierde Grensoorlogvan die jaar 1812 deur sir John Cradock gestig en dien as 'n militêre voorpos van die oostelike Kaapkolonie. Die dorp is op die plaas Buffelskloof gestig en in 1814 as dorpsgebied geproklameer.

Die Nederduitse Gereformeerde kerkgebou van Cradock is 'n taamlik presiese replika van St. Martins-in-the-Field in Londen. Ander besienswaardighede is die Karoo Minerale Spa, die Schreiner Huis en die Karootuin met 'n groot aantal inheemse vetplante.

Cradock se openbare biblioteek, skuins oorkant die NG moederkerk. Dit is in 1890 gebou, maar in 1985 vergroot[2]
Die hoofgebou van die Hoërskool Cradock, 'n tweetalige skool. Die Hoër Landbouskool Marlow is naby Cradock geleë. Hoërskool Cradock het tot 2012 vier Springbokrugbyspelers opgelewer en Marlow een.[3]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Cradock". Sensus 2011.
  2. Historiese Cradock Biblioteek 110 j. oud[dooie skakel] Die Burger, 8 April 2000
  3. Rugby15.co.za se lys skole wat die meeste Springbokke opgelewer het Geargiveer 21 Junie 2013 op Wayback Machine. URL besoek op 12 Junie 2013

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne