Cream tea



Cream tea

'n Tradisionele ligte maaltyd in die Verenigde Koninkryk

Cream tea (ook bekend as Devonshire tea, Devon cream tea of Cornish cream tea) is 'n ligte maaltyd van tee, scones ('n soort soetgebak), clotted cream ('n soort dik room) en konfyt wat in die Verenigde Koninkryk (veral in Suidwes-Engeland) en die res van die Gemenebes van Nasies tradisioneel in die namiddag bedien word.

Cream tea is 'n variant van die Afternoon of Low tea wat oorspronklik in 'n sitkamer op lae tafels (soos byvoorbeeld koffietafels) naas 'n sofa bedien is. Dit moenie verwar word met High tea nie, 'n warm maaltyd wat tradisioneel tussen vyf en sewe uur saans bedien word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne