Creed | |
---|---|
Creed saam met die toerbaskitaarspeler Brett Hestla (heel links) in 2002 | |
Agtergrondinligting | |
Oorsprong | Tallahassee, FL, VSA |
Genres | Post-grunge |
Jare aktief | 1994–2004 2009 – hede |
Etikette | Wind-Up Sony BMG Blue Collar |
Assosiasies | Alter Bridge Dark New Day Submersed |
Webwerf | www.creed.com |
Lede | Scott Stapp Mark Tremonti Scott Phillips Brian Marshall |
Creed is 'n Amerikaanse post-grunge musiekgroep van Tallahassee, Florida wat gewild geraak het in die laat 1990's en vroeë 2000's. Die groep het ontbind in 2004 na drie multi-platinum albums met 'n geraamde 35 miljoen verkope wêreldwyd[1][2][3] waarvan 26 miljoen in Amerika was.[4] Alhoewel die drie instrumentspelers, en later ook Scott Stapp, daarop aangedring het dat Creed iets van die verlede was het gerugte in laat 2008 die ronde begin doen dat daar 'n moontlike reünie sou wees, maar dit is aanvanklik afgemaak op 27 April 2009. Op hierdie datum, na maande van spekulasie, is op Creed se amptelike webtuiste aangekondig dat die groep herenig is en dat hulle in die proses is om 'n nuwe album op te neem met die titel Full Circle en dat daar 'n toer op sou volg.[1]