Crescendo was 'n jaarlikse sangkompetisie vir ligte Afrikaanse musiek wat deur die ATKV georganiseer is. Die eerste Crescendo vind in 1974 plaas en die eerste wenners was Eoudia de Kock en Rouel Beukes. Sedert 2006 word die kompetisie verander na 'n kompetisie vir liedjieskrywers en herloods onder die naam CrescendoKreatief.[1]
In 1979 word Anton Goosen van die ATKV se verhoë verban nadat hy grappies oor die nasionale vlag in die staatsteater tydens 'n Crescendo-vertoning maak.[2]