![]() Voyager 2 se foto van Cressida. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stephen P. Synnott / Voyager 2 |
Datum | 9 Januarie 1986 |
Kleinplaneet-benaming | Uranus IX |
Wentelbaaneienskappe | |
Wentelbaanradius | 61 766,730 ± 0,046 km[1] |
Wentelperiode | 0,463569601 ± 0,000000013 d[1] |
Baanhelling | 0,006 ± 0,040° (tot Uranus se ewenaar)[1] |
Satelliet van | Uranus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 92 × 74 × 74 km[2] |
Gem. radius | 39,8 ± 2 km[2][3][4] |
Oppervlakte | ~20 000 km²[nota 1] |
Volume | ~260 000 km³[nota 1] |
Massa | 2,5 ± 0,4×1017 kg[5] |
Gem. digtheid | 0,86 ± 0,16 g/cm³[5] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,013 m/s2[nota 1] |
Ontsnapping- snelheid | ~0,034 km/s[nota 1] |
Rotasieperiode | Sinchronies[2] |
Ashelling | 0[2] |
Temperatuur | ~64 K[nota 1] |
Cressida is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 9 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 3 gekry.[6] Dit is later genoem na Cressida, die Trojaanse dogter van Calchas, ’n tragiese heldin in William Shakespeare se toneelstuk Troilus and Cressida (asook in verhale deur Geoffrey Chaucer en ander). Dit het ook die naam Uranus IX.[7]
Cressida behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Desdemona, Perdita, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[8] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[8] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 41 km[2] en geometriese albedo van 0,08[8] is feitlik niks oor Cressida bekend nie.
Op die Voyager 2-foto's lyk Cressida soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,8 ± 0,3.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]
Cressida se wentelbaan is naby ’n 3:2-resonansie met een van Uranus se ringe. Versteurings van die ring se vorm het ’n manier verskaf om Cressida se massa te meet: 2,5 ± 0,4×1017 kg. Dit is die enigste klein maan van Uranus waarvan die massa regstreeks gemeet is.[5]
Cressida kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Desdemona bots.[9]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Jacobson 1998
<ref>
tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Voyager 2001
<ref>
tag; no text was provided for refs named JPL-SSD-sat_phys
<ref>
tag; no text was provided for refs named Williams 2007 nssdc
<ref>
tag; no text was provided for refs named Eta-ring
<ref>
tag; no text was provided for refs named IAUC 4164
<ref>
tag; no text was provided for refs named Gazetteer
<ref>
tag; no text was provided for refs named Karkoschka, Hubble 2001
<ref>
tag; no text was provided for refs named Duncan Lissauer 1997
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/>
tag was found