Cro-Magnon | ||
![]() | ||
'n Replika van die Cro-Magnon 1-skedel. | ||
Ander naam | Vroeë Europese moderne mens | |
Beskrywing | ||
Geskep/ontstaan | Omstreeks 27680 v.C. | |
Ontdekking | ||
Datum ontdek | 1868 | |
Ontdek deur | Louis Lartet | |
Plek ontdek | Les Eyzies-de-Tayac-Sireuil | |
Kultuur | Laat Paleolitikum |
Cro-Magnon (kroʊˈmænyən) is ’n naam wat gebruik word vir die vroegste moderne mense (vroeë Homo sapiens) wat hulle in Europa gevestig het nadat hulle uit Wes-Asië migreer het en die kontinent aaneenlopend sedert so vroeg as 56 800 jaar gelede bewoon het. Hulle het kontak met die inheemse Neanderdallers (H. neanderthalensis) van Europa en Wes-Asië gehad wat 40 000 tot 35 000 jaar gelede uitgesterf het. Van sowat 37 000 jaar gelede af het alle Pro-Magnon-mense afgestam van 'n enkele stigterbevolking, waarvan hedendaagse Europeërs ook afkomstig is.
Wetenskaplikes verkies deesdae die term Vroeë Europese Moderne Mense bo "Cro-Magnon", wat nie enige amptelike taksonomiese status het nie omdat dit nie na ’n subspesie of ’n argeologiese fase of kultuur verwys nie.[1]
Die Pro-Magnon-mens was soortgelyk gebou as moderne Europeërs, maar hulle was robuuster gebou en sterker. Die lyf was gewoonlik swaar en stewig met sterk spiere. Die voorkop was redelik regaf en nie skuins soos die Neanderdallers s’n nie, en hulle het net effense wenkbroukaste gehad. Die gesig was kort en breed. Nes ander mense het hulle ’n prominente ken gehad. Die breinkapasiteit was sowat 1 600 cm3, groter as die gemiddelde vir die moderne mens.[2]
Die vroegste Pro-Magnons het ook soortgelyke eienskappe as die Neaderdallers gehad. Die eerste spesimens sou donkerder velle gehad het; natuurlike seleksie vir ligter velle sou eers 30 000 jaar gelede begin het. Voor die laaste glasiale maksimum sou die Pro-Magnons 'n lae bevolkingsdigtheid gehad het, asook lang lywe soos voorindustriële mense en uitgebreide handelsroetes wat oor tot 900 km gestrek het. Hulle sou groot wildediere gejag het. Hulle het groter bevolkings as die Neanderdallers gehad, moontlik vanweë hoër vrugbaarheid. Die lewensverwagting vir albei spesies was gewoonlik onder 40 jaar.
Ná die laaste glasiale maksimum het die bevolkingsdigtheid toegeneem namate gemeenskappe minder dikwels (maar oor langer afstande) gereis het. Hulle het spiese, spiesgooiers, harpoene en dalk werpstokke en honde gebruik om te jag. Hulle het waarskynlik tydelike hutte gebou terwyl hulle rondgetrek het.
Pro-Magnon-mense het 'n verskeidenheid kunswerke geskep, insluitende grotskilderye, Venus- en dierebeeldjies en geometriese patrone. Hulle het moontlik hulle liggame versier met okerverf en dalk tatoes, kerwing en lyfprieming. Die presiese simbolisme van die werk is steeds onbekend, maar baie glo hulle het dalk sjamanisme beoefen waarin grotkuns 'n sentrale rol gespeel het.
<ref>
tag; no text was provided for refs named britannica