Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie. Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word. |
Crohn se siekte | |
---|---|
Die drie mees algemene plekke van intestinale betrokkenheid by Crohn se siekte (links)
| |
Veld | Gastroënterologie |
Ander name | Crohn-siekte, Crohn-sindroom, granulomatiese enteritis, Leśniowski-Crohn-siekte |
Simptome | Buikpyn, diarree (kan bloederig wees), koors, gewigsverlies |
Komplikasies | Anemie, veluitslag, artritis, kolonkanker en dundermkanker[1] |
Ouderdom met aanvang | 20 tot 30[2] |
Duur | Langtermyn |
Risiko's | Tabakrook[3] |
Diagnose | Weefselmonsters, Mediese beelding |
Differensiële diagnose | Prikkelbare derm-sindroom, Coeliakie-siekte, Behçet se siekte, nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel-enteropatie, dermtuberkulose |
Medikasie | Kortikosteroïede, metotreksaat[1][4] |
Voorkoms | 3,2 per 1 000 [5] |
Crohn se siekte is 'n tipe inflammatoriese dermsiekte wat enige segment van die spysverteringskanaal van die mond tot die anus kan affekteer.[2] Dit is deel van a groep siektetoestande wat inflammatoriese dermkanaalsiektes genoem word.[6] Simptome sluit dikwels abdominale pyn, diarree (wat bloederig kan wees as die ontsteking ernstig is), koors, abdominale distensie en gewigsverlies in.[1][2]
Ander komplikasies buite die spysverteringskanaal kan anemie, veluitslag, artritis, inflammasie van die oog en moegheid insluit.[1]
Die veluitslag kan as gevolg van infeksies sowel as pioderma gangrenosum[Nota 1] of eritema nodosum[Nota 2] wees.[1]
Dermobstruksie kan voorkom as 'n komplikasie van chroniese inflammasie, en diegene met die siekte loop 'n groter risiko van kolonkanker en dundermkanker.[1]
Daar is geen medikasie of chirurgiese prosedures wat Crohn se siekte kan genees nie.[1][2]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Baumgart2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named NIDDK2017
<ref>
tag; no text was provided for refs named Cosnes2004
<ref>
tag; no text was provided for refs named WGO-IBD
<ref>
tag; no text was provided for refs named Mol2012
<ref>
tag; no text was provided for refs named Dok
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/>
tag was found