Cronulla | |
---|---|
Voorstad | |
Kingsway in Cronulla | |
Koördinate: 34°03′27″S 151°09′08″O / 34.05750°S 151.15222°O | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
Stad | Sydney |
Stigting | 1908 |
Bevolking | |
• Totaal | 17 042 |
Tydsone | UTC+10:00 (AEST) |
Poskode | 2230 |
Cronulla is 'n woonbuurt langs 'n strandgebied in die suide van Sydney in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Cronulla is sowat 26 km suid van Sydney se sentrale sakekern geleë in die plaaslike regeringsgebied van Sutherland Shire.
Cronulla is geleë op 'n skiereiland wat begrens word deur Botanybaai in die noorde, Bate Bay in die ooste, Port Hacking in die suide en Gunnamatta Bay in die weste. Die aangrensende woonbuurt Woolooware lê wes van Cronulla. Die Kurnell-skiereiland, die plek waar James Cook vir die eerste keer in 1770 aan wal gegaan het word binnegegaan deur noordoos vanuit Cronulla te ry op Captain Cook Drive.