Charles de Batz de Castelmore d'Artagnan | |
---|---|
![]() Illustrasie uit die roman Les mémoires de M. d'Artagnan. | |
Gebore | ~1611 Lupiac, Frankryk |
Sterf | 25 Junie 1673 |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Franse leër |
Titel | Kaptein |
Eggenoot | Charlotte de Chanlecy |
Kinders | 2 |
D’Artagnan is een van die hoofkarakters in die roman "Die drie musketiers" deur Alexandre Dumas. In die storie is hy ’n vriend van die drie musketiers en beleef hy talle avonture saam met hulle.[1]
Die karakter is gebaseer op die lewe van Charles de Batz de Castelmore, graaf van Artagnan (Frans: comte d'Artagnan), een van die 'eerste musketiers' in die leër van die Franse koning Lodewyk XIV. Hy word in Alexandre Dumas se boeke geromaniseer, en het so onder die naam d'Artagnan bekend geword.