'n Dakterras is die ingerigte ruimte bo-op 'n plat dak of 'n plat gedeelte van 'n dak (soos bo-op 'n motorhuis) wat in die opelug vir tuinmaak of as 'n ontspanningsterrein geskik is. 'n Dakterras is dus nie 'n uitsteeksel van 'n gebou soos 'n balkon nie. 'n Dakterras het ook gewoonlik geen dak nie.